Metaaldraak (astrologie)

庚辰

Die Metaaldraak (庚辰, gēngchén) is die 17de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die sewende Hemelstam (庚, gēng; die element Metaal en Jang) met die vyfde Aardtak (辰, chén), gesimboliseer deur die Draak (龍, lóng).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Metaaldraakjaar het in 2000 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 15 Februarie 2000 tot 23 Januarie 2001.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy